Die slaapkamer – dis seker die mees privaatste plek in mens se hele huis. Dis waar jy elke dag begin en afsluit; waar jy net jouself kan wees sonder enige pretensie; waar jy so rustig en passievol kan wees soos wat jy wil, want dis jou persoonlike spasie.
Dalk is dit die mengsel van emosies en verskillende dade in ‘n slaapkamer wat daartoe kan lei dat baie mense sukkel wanneer dit kom by slaapkamer dekor. Kussings, komberse, gordyne, matte, ligte – elkeen is so belangrik soos die volgende, en tog moet hulle almal perfek saamwerk.
Dus, om jou te inspireer vir jou slaapkamer se versierings, kyk bietjie na hierdie 10 uitstekende slaapkamers wat elkeen ‘n unieke styl aanbied. Kies jou gunsteling, neem nota’s, en vind uit presies wat dit is van daardie kamer se styl wat jou aantrek…
Vir nog meer styl, kyk bietjie na hierdie 10 wenke om jou slaapkamer soos ‘n hotel te laat lyk.