​Die Johannesburg huis van jou drome

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Rumah Modern
Loading admin actions …

Stel jou voor: ‘n grasgroen gholfbaan in super netjiese kondisie; pragtige vleilande in die agtergrond; ‘n rustige atmosfeer wat dadelik daardie stresvlakke laat daal en verwyn. Klink hierdie nie na die perfekte faktore wat jy saam met jou droomhuis sal wil geniet nie? 

Vandag se homify 360° ontdekking wys vir ons een van Anthrop Architects se kunswerke wat geleë is in die fantastiese Serengeti Golf & Wildlife Estate. Hierdie skepping geniet ‘n heel moderne styl met briljante afwerkings van steen, klip, hout en glas (onder andere). 

En o ja, het ons vergeet om te noem dat hierdie huis sommer vyf motorhuise het?

Die voorkant

homify Rumah Modern

Kyk net hoe treflik lyk daardie klip, hout en beton wat die huis se buitekant inkleur. En hoe pragtig gaan daardie aardse kleure nie saam met die vars groen van die tuin nie? 

Vir dié wat belangstel, die huis se binnekant geniet ‘n fantastiese without trap wat die grond- en boonste verdiepings verbind, asook ‘n bietjie ligheid aan die binnekant se neutrale kleurskema gee.

Die agterkant

homify Rumah Modern

Aan die agterkant sien ons hoe hierdie tamaai ontwerp ‘n gemaklike U-vorm uitleg geniet, wat maak dat die vertrekke lekker naby aanmekaar geleë is. Die sit- en eetkamer is aan die noorde geleë, wat lieflike uitsigte van die suidelike areas aanbied (waar die voorgenoemde vleilande is). 

Daardie briljante houtdek is die hoof fokuspunt van die huis se agterkant, wat verbind is met die slaapkamers vir maklike toegang.

‘n Stukkie paradys

homify Kolam Renang Modern

‘n Groot stuk beton oorhangsel keer dat die sit- en slaapkamers te veel son ontvang, en bied ook gerieflike koeltes vir wanneer mens bietjie buite wil ontspan en kuier. 

Glasdeure in die oop-plan sit- en eetkamer lei na die houtdek, wat heel perfek uitwerk vir lekker groot onthaal. Wanneer hulle heeltemal oop is, bied daardie glasdeure ‘n voortreflike uitsig van die gholfbaan en vleilande – die perfekte agtergrond vir wanneer mens bietjie baljaar in daardie swembad.

Stylvol en slim

homify Rumah Modern Kayu Wood effect

Om bietjie privaatheid te verseker, is groot houtskerms op sekere plekke aangebring, wat natuurlik ook keer dat te veel sonlig die huis binnedring en warm maak. En daardie groot beton stukke van die dak lyk nie net indrukwekkend nie – danksy termiese faktore, help hulle ook dat die huis se binnekant gemaklik warm en koel bly wanneer nodig, wat beteken hierdie is nou een huis wat “beauty and brains” geniet!

Indien jy droom van iets kleiner (maar nog steeds baie elegant), kyk bietjie na: 'n Stylvolle huis met vloerplanne.

Butuh bantuan dengan projek Anda?
Hubungi kami!

Sorotan dari majalah